22 Junie 2021

Dagstuk
Psalm 3

Die Here lig weer ons koppe op!
Ons oorwin saam met Hom!
As die vyand soos ‘n vloed inkom, sal die Here se Gees ‘n banier van oorwinning teen hom oplig! Jes. 59:19 (AMP)
Dit is ons!
Ons het in Christus die oorwinning oor Satan, daarom hoef ons nie te vrees nie!

Here, dankie dat as ons in Christus Jesus is, ons die banier word wat U oplig, sodat die vyand, wanneer hy soos ‘n vloed van siekte, hartseer en vervolging teen ons inkom, kan weet: hy is verslaan!!!
Here, U is ons Oorwinning!!