21 Junie 2021

Dagstuk
Matteus 3

Johannes die Doper se lewe en bediening word beskryf, maar die hoogtepunt van dit was die doop van Jesus!!

As Jesus gedoop word open die hemel en Vader God sê wat elke Joodse seun hoor van sy pa by sy “bar mitzvah” (sy mondigwording: gewoonlik so op 12-13 jarige ouderdom):
“Daar kom toe ’n stem uit die hemel wat sê: “Hý is my geliefde Seun, ’n Kind so na my hart.””
‭‭MATTEUS‬ ‭3:17‬ ‭NLV‬‬

Here dankie dat U Jesus as U kind bevestig, maar ook vir ons!
“Aan almal wat Hom egter aanvaar het, dié wat in Sy Naam glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.”
‭‭JOHANNES‬ ‭1:12‬ ‭NLV‬‬
U is ons Vader!!