20 Junie 2021

Dagstuk
Genesis 3

Die sondeval gebeur toe Satan vertel dat God lieg:
““Julle sal nie sterf nie!” sê die slang.”
‭‭GENESIS‬ ‭3:4‬ ‭NLV‬‬
Die Here lieg NOOIT: Hy is die Waarheid!
Adam en Eva kies met hul ego om die duiwel se leuens te glo en dit verwoes hulle verhouding met die Here en laat hulle vervloek!
Maar aan die kruis (boom) kom Jesus daardie verhouding met ons herstel, en elke vloek breek, deur tussen die hemel en aarde te hang aan ń vloek-hout. (Dood aan ń hout - galg of deurboor of gekruisig - was vervloek deur alle antieke mense, omdat nie eens die hemel of die aarde jou wou hê in jou dood nie).
As ons vandag nog sukkel met Adam se vloek, en ook Eva s’n, is dit omdat ons nie die volheid van ons oorwinning in Christus Jesus besef nie!!

Here, dankie vir ń verlossing van elke vloek!
Ons kies ń lewe van seën saam met U!
U was die vloek, sodat U nou ons Seën kan wees!