18 Junie 2021

Dagstuk
Matteus 2

Die ster wat die wyse manne uit die Ooste (heel moontlik volgelinge van Zoroastrianisme, ń antieke Persiese geloof) gesien het, was nie ń ster in die hemelruim nie, maar eerder ń Lig wat kon beweeg, verdwyn en verskyn, en kon gaan stilstaan bo ń plek: dus dink ek dit was dieselfde Shekinah heerlikheid van die Here wat bo die Israeliete in die vorm van ń vuur en wolkkolom geskyn het, en dieselfde heerlikheid wat geskyn het oor die genadetroon van die Ark van die verbond in die Tabernakel, en later ook die Tempel van die Here.

Josef se 4 drome en hoe die Here hom daardeur gelei het is ook interessant!

Here, dankie dat U ons deur U Gees lei vandag en dit deur U Woord!

U is ons Leidsman!