17 Junie 2021

Dagstuk
Genesis 2

Die skepping van die mens word beskryf, eers van die man en dan later van die vrou.  
Wat mooi is van die skeppingsverhaal is die verhouding tussen die Here en die mens!
Hy blaas Sy Asem (Gees) in Adam in om hom ń lewende wese te maak, met ń Goddelike gees; anders as diere.
Met die skep van Eden en genoeg om van te eet, skep die Here ook 2 bome in die middel van die tuin: die boom van die Lewe en ook die boom van kennis van reg en verkeerd.

Here ons besef U het ons geskep om verhouding met U te hê en nie om die heeltyd oor reg en verkeerd te stry nie!

U is ons Vriend!