16 Junie 2021

Dagstuk
Psalm 1

Die Ou Afrikaanse vertaling begin die Psalm met:
“Welgeluksalig…”
*Wel*-: dit gaan goed met jou liggaam
*Geluk*-: dit gaan goed met jou siel (wil, intellek en emosies)
*Salig*-: jou gees is gesond!
Met ander woorde “ten volle geseënd” is die een wat in die Woord inklim daagliks!
Vir ons is daar ń seën van vrugbaarheid, voorspoed en geregtigheid (regstaan met die Here) in die Psalm!

Here dis ń voorreg om U Woord te lees en te oordink, elke dag!
Ons wil U woord bly verstaan deur die Heilige Gees!
U is Die Woord!