14 Junie 2021

14 Junie 2021
Genesis 1

Welkom by ons saamlees deur die Bybel oggende!
Ons sal 1 hoofstuk ń dag saam lees, en dit daagliks afwissel uit die Ou en Nuwe Testament en Psalms.
Ek deel dan ń kort gedagte en ń gebed.

In die 1ste hoofstuk van die Bybel word die 6 dae van skepping beskryf!
Die Here sê oor en oor : “…kom ONS maak…”.
Daardie “Ons” is God drie-enig : Vader, Seun en Heilige Gees, wat saam geskep het aan die hemel en aarde maar veral aan die kroon van Sy skepping: die mens!
As Hy geskep het, het Hy ons geskep na Sy Beeld!

Here, dankie dat ons lyk soos U!
Geen dier of plant het daardie voorreg nie!
U is die Skepper!!