27 Nov 2026

Matteus 10:1-25

Jesus stuur Sy 12 dissipels uit om die evangelie te gaan verkondig.
Hy stuur hulle voor Hom uit soos n advertensie veltog.
So gee Hy aan hulle Sy outoriteit om siekes te genees en demone uit te dryf.
Ons kom ook in Sy opdrag agter dat hierdie n proeflopie is vir waneer Hy hulle (en ook ons) uitstuur om aan almal van Hom te vertel.
Jesus sê dat dit vir ons moeilik sal gaan in n vyandige sonde wereld!
Maar dat Hy deur Sy Heilige Gees in ons sal praat as ons voor mense staan!

Here gee ons U Heilige Gees as ons vandag vir ander van U vertel!
U is die Stuurder!