10 April 2026

Markus 12:1-17

Jesus praat op die Tempel terein met die gewone mense maar veral met die Joodse leiers.
In Sy vergelyking is dit baie duidelik dat die Jode die landbouers is wat by die Vader “grond huur”.
Hulle verwerping en marteling en selfs moord van die Vader se boodskappers is n definitiewe verwysing na die Ou Testamentiese profete. Daarom verstaan almal dat Jesus van Homself praat as Hy vertel hoe die Seun ook vermoor was. Dit het die geestelike leiers baie kwaad gemaak.

Verder kon hulle nie Jesus uitvang met die strikvraag oor belasting nie: Sy antwoord oor om vir die keiser te gee wat aan hom toekom en aan die Here wat aan Hom toekom, bly vandag nogsteeds vir ons as christene n riglyn om getrou belasting te betaal en die kerk in stand te hou deur ons tiendes.

Here dankie dat ons U beeld dra en daarom alles van ons aan U behoort, netsoos n denarius die beeld van die keiser dra en ons dit kan gebruik maar n gedeelte moet in erkenning terug gaan na hom toe.
U is die Bron van Alles!