24 Maart 2026

1 Konings 15:25- 16:7

Nadab, seun van Jerobeam het in koning Asa van Juda, se 2de regeringsjaar, koning van Israel geword, maar net 2jr geregeer want hy het Israel laat verval in afgodery. Hy is deur Baesa saam met Jerobeam se hele familie om die lewe gebring.
Al het die Here Baesa opgelig en koning van Israel gemaak, het Baesa die Here uitgetart, Jerobeam vermoor en daarom het die oordeel van die Here oor hom gekom. Hy is dood en sy seun Ela het in sy plek koning van Israel geword.

Here, mag ek vandag nie afwyk van U Woord en U wil nie. Mag ek heers oor die deel waaroor U my aangestel het in gehoorsaamheid aan U Woord.

U is ons Leidsman