17 Maart 2026

Markus 8:14-38

Jesus waarsku die dissipels oor die slegte invloed van die Fariseers.
Hulle dink egter Hy praat oor n tekort aan kos en Hy sê ek het al brood vermeerder in oorvloed.

Dan maak Jesus iemand se oë oop deur 2 keer vir hulle te bid.
Hy vra die dissipels of hulle kan “sien” wie Hy is.
Al sê hulle Hy isdie Messias sien Petrus nog nie dat Hy moet ly nie en raas met Jesus.

Dan verduidelik Jesus dat jy moet insien om jou lewe neer te lê vir Hom, anders sal jy jou LEWE verloor.

Here as ons glo dan sien ons! Dankie dat ons in geloof kan sien.
U is die Oopmaker van oë!