16 Maart 2026

Jona 3:1-10

Die Here sê weer vir Jona om Ninive te gaan waarsku.

Hy preek in die massiewe en bose stad dat die Here hulle gaan vernietig en dat hulle hul moet bekeer van hul geweld as hul gered wil word.
Die koning van Ninive het dit te hore gekom en almal laat vas en berou toon, selfs die diere het niks geeet nie.
n Vasdag is oor die stad aangekondig en op bevel van die koning het almal, selfs hy, berou getoon.

Jona se prediking was suksesvol.
Die Here het Ninive die vyande van Israel vergewe vir hule bose gedrag en hulle gespaar van oordeel.

Here dankie dat U genadig is en almal nog n kans tot berou gee.
U is Genade!