11 April 2026

1 Konings 19:19-21

Elia kry vir Elisa in sy werksplek en gooi sy mantel oor hom.
Met ander woorde hy stel Elisa aan in sy eie plek en amp as profeet.
Elisa slag toe die osse waarmee hy geploeg het en maak vuur met die trekgoed vir die offer.
Dus offer Elisa letterlik sy werk en ou lewe op om die roeping as profeet te volg en in Elia se voetspore te stap.
n Profetiese aksie vir n profeet!

Here help ons om ons ALLES vir U te gee en nie vas te klou aan ons bekende en gemaklike ou lewe nie.
U is ons ALLES,
U is ons Toekoms!