8 April 2026

1 Konings 19:1-18

Na Isebel dreig om Elia dood te maak vlug hy so vêr suid as wat hy kon gaan.
In n moeë en depressiewe toestand wens hy, dat hy sterf.
Die Here versorg hom egter deur n engel wat vir Hom kos gee.
Daarna en na n 40 dae vas en stap ontmoet die Here vir Elia by n grot op Horeb.
Die Here wys hom n rukwind, aardbewing en toe vuur, maar die Here was nie daarin nie.
Hy was egter in die sagte aandwind wat daarna gewaai het en toe antwoord Hy vir Elia!
Hy bemoedig die profeet deur vir hom te sê daar is nog 7000 Israeliete wat die Here dien en nie vir Baal nie.
Verder sê die Here vir hom om vir Israel n nuwe koning te salf sowel as hulle bure die Arameers en dan moet Elia ook vir Elisa as sy opvolger salf.

Here dankie dat U ons antwoord, versorg en visie wys vir die toekoms!
U is die Een wat antwoord in die sagte gesuis!