8 Maart 2026

Markus 6:45-56

Jesus loop op die stormagtige water en maak die wind en see stil!
Sy dissipels skrik baie groot want hulle dink dit is n spook, hulle het na die woderwerk van die vermeerdering van brode steeds nie verstaan wie Jesus was nie.
Oorkant die see van Galilea aangekom het Jesus verder mense genees en baie het net aan Sy soom of vlerke van Sy rok geraak vir hulle genesing.
Hulle het geweet die skrif sê:
“Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.”
‭‭MALEÁGI‬ ‭4‬:‭2‬ ‭AFR53‬‬

Here dankie dat U ons onder U vlerk neem en vir ons genesing en verlossing gee!

U is ons Alomteenwoordige Beskermer!