24 Feb 2026

Markus 5:21-43

Oppad na Jaïrus se huis om vir sy dogter te bid, raak n vrou aan Jesus.
Sy word onmiddelik van haar bloedvloeing waaraan sy al 12 jaar ly, genees!
Jesus kom dit agter en prys haar vir haar geloof.
Intussen sterf Jaïrus se dogter van 12.
Jesus gaan egter steeds na haar toe en wek haar op uit die dood!

Here dankie vir U wonderwerkende krag wat nogsteeds vandag in en deur ons kan werk.
U is ons Krag!