3 Maart 2026

1 Konings 11:1-43

Salomo kies die maklike pad: om agter die oorgrote invloed om hom aan te loop eerder as om die Here toegewyd aan te hou dien!
Wat erger is, is dat hy die negatiewe invloed self gekies het deur 1000 vroue te trou en hulle in Jerusalem met hulle afgode ge-akkomodeer.
Baie van hulle was van die omliggende nasies wat die Here uitdruklik  beveel het Israeliete nie mee mag trou nie, want die Here het geweet dat hierdie vrouens met hulle afgode die Here se volk sal verlei in gruwelike afgode praktyke in.

Die Here se oordeel oor Salomo is konings in opstand teen hom, maar die grootste opstand sou kom van een van sy generaals, Jerobeam.

Die Here het vooraf laat weet dat Israel se koninkryk in 2 sou skeur as gevolg van Salomo se afvalligheid.

Here ons keuse het n invloed op ons en ons nageslagte: help ons reg kies.
U is Getrou!