6 Maart 2026

1 Konings 12:1-24

Na Salomo se dood het sy seun Rehabeam koning geword in sy plek.
Aanvanklik was almal opgewonde en het n verwagting gehad dat die baie swaar belastings van koning Salomo ligter sou raak.
Maar instede daarvan om na wyse ou manne van sy pa te luister het Rehabeam eerder vir sy jong vriende geluister en die belasting nog meer gemaak.
Die gevolg: die Israeliete het gerebeleer en Jerobeam het die koning van die 10 noordelike stamme geword in Samaria, hulle nuwe hoofstad.
Dawid se koningshuis en die Here se volk split in twee.
Wat n hartseer dag.

Here U sit wyse ouer mense om ons om vir ons goeie Goddelikke raad te gee.
Help ons om eerder vir hulle te luister as vir ons maats om ons.
U is die Alwyse.