3 April 2026

Goeie Vrydag!

Esegiël 5:1-17

Esegiël beeld deur die skeer van sy hare met 'n swaard, die verdrukking wat Jerusalem sal beleef en die bespottig wat die Jode gaan word in die oë van ander nasies,  omdat hulle nie hulle harte terugdraai na die Here en hulle van hulle sondige lewe wil bekeer nie. Hongersnood, verwoesting deur wilde diere en peste en oorlog is die oordeel wat op hulle rus.

Jesus, Op hierdie Goeie Vrydag oggend besef ons opnuut hoeveel U vir ons bespotting en vernedering  moes deurgaan om vir ons sonde te sterf. Dankie vir U onvoorwaardelike liefde om ons te verlos ten spyte van ons sondige natuur. Dankie vir Ewige Lewe in U.

U is die Lam geslag vir ons.