23 Maart 2026

Markus 9:14-29

In Markus 6:7 gee Jesus vir Sy dissipels outoriteit oor onrein geeste. Tog kon hulle nie die geeste uit die doof en stom seun dryf nie.
In Jesus se teenwoordigheid manifesteer die demone wat die doofstom seun se lewe wou steel. Sy pa glo Jesus kan die seun help, maar togvoel hy dat sy geloof nie sterk genoeg is nie. Maar Jesus dryf hulle onmiddelik uit.

Here, dankie dat U kragtige Heilige Gees in ons woon. Dankie dat ons deur vas en gebed ook ons verhouding met U en ons geloof kan versterk om in outoriteit die magte van duisternis teƫ te staan.

U is ons Oorwinnaar.