28 Maart 2026

Markus 10:1-16

'Daarom, wat God saamgevoeg het, moet 'n mens nie skei nie.' (v9). Die Here se plan met die huwelik was altyd om 'n eenheid te vorm; om Sy Goddelike eenheid met Sy bruid te verteenwoordig. Egskeiding was nie deel van Sy plan nie, maar Sy vergifnis strek van ewigheid tot ewigheid en Hy kan restorasie bring. Kinders is net so belangrik vir Hom. Jesus verduidelik dat ons soos kindertjies na Hom toe moet kom.

Here, beskerm elke huwelik. Dankie vir wysheid en strategie om die aanvalle van die vyand teen te kan staan sodat ons as gesonde huwelike en gesonde families in ons gemeenskap kan saamleef. Mag ons U eenheid prakties in ons lewens uitleef.

U restoreer.