16 Jan 2026

Johannes 21:1-14

Jesus verskyn 'n 3de keer aan Sy dissipels.
Hierdie keer vir die groep wat na hulle ou lewe terg gekeer het gaan haal Hy by die see van Galilea.
Soos toe hy van hulle ontmoet het jare terug, gee Hy weer raad oor hul onsuksesvolle vangs!
Toe die nette propvol vis is besef Johannes dat dit Jesus is.
Petrus los alles net so en swem met klere aan (uit respek vir die Here) terug na Jesus.

Jesus in Sy opgestane vorm staan steeds in 'n gewone verhouding met hulle: Hy braai vir hulle ontbyt!

Here dankie vir U genade en versoening!
In die ouens wat U gelos het tydens die kruisiging bring U herstel en vergifnis deur na hulle toe te gaan.
U is die Genadige Redder wat voorsien soos hier (ontbyt) maar baie meer herstel en geregtigheid!