2 April 2026

1 Konings 17:1-24

Elia word in hierdie hoofstuk voorberei om teen Agab en die Baalprofete op te tree. 'n Aantal wonderwerke gebeur in hierdie gedeelte om die almag van die Here te wys.
Droogte kom oor die land nadat Elia dit aan koning Agab verklaar het. Elia kruip in 'n grot weg waar die kraaie vir hom brood en vleis bring om van te leef. Dit is 'n bewys aan Elia dat die Here beheer het oor die natuur. (v 2-7). Toe die spruit se water opdroog voorsien die Here vir 'n weduwee genoeg meel en olie om haar, haar huisgesin en vir Elia aan die lewe te hou deurdat die olie en meel nie opraak nie. Daarna bid Elia en die weduwee se seun word uit die dood opgewek.

Here ons verklaar ook U almag oor omstandighede, uitdagings en selfs die natuur rondom ons. Dankie dat ons weet dat U vir ons ook vandag nog wonderwerke kan verrig.

U is die Wonderwerkende-God.