9 Jan 2026

Rut4:13-22

Uit Rut en Boas se huwelik word daar 'n kleinkind vir Naomi gebore wat haar sou versorg.
Al was dit tegnies nie Naomi se kleinkind of familie nie het Rut se liefde en Boas se getrouheid aan die Here gesorg dat Obed  die "seun" van Naomi  sou wees.
Obed was Dawid sê oupa!
Hierdie storie en die invloed van Naomi in die lewens van Dawid sê pa en oupa moes oor en oor aan hom vertel gewees het.
Hierdie was 'n algemene verhaal van die koning se voorgeslagte en almal het die mooi storie geken, Salomo vernoem Boas in een van die Tempel pilare, maar die storie word eers na die ballingskap in Ezra se tyd deur een van sy tydsgenote neergepen om ook die Israeliete te waarsku teen rassisme.

Here dankie vir die mooi storie van oorwinning en herstel uit gebrokenheid en uit ongehoorde oordek!
U is die God van die Nasies, volke en tale!

Archive