2 Maart 2026

Markus 6:14-29

Jesus het bekend geword en almal het bespiegel wie hierdie regverdige Man is.
Herodus die (Edomietiese) koning van Judea het egter gevrees dis Johannes die Doper wat uit die dood opgestaan het.
Hy het Johannes in sy tronk laat onthoof nadat hy sonde by Herodes en Herodias aangespreek het.
Sy was immers die koning se broer se vrou, wat hy as vrou geneem het.
Hy wou dus Joodse koning wees maar het nie eers by die basiese Joodse morele wette gebly nie.
So na n dans en deink partytjie het Herodes vir Herodias se dansende dogter enige iets wat sy begeer belowe.
In oorleg met haar ma Herodias het sy vir Johannes die Doper se kop op n skinkbord gevra.

Here hierdie hartseer stuk in die evangelie laat my net weer besef dat martelaarskap is deel van Christenskap.
Maak my asb sterk genoeg om vir U te kan leef en te kan STERF.
U is die Lewe en Lewe in Volheid!