7 Maart 2026

Maleagi 4:1-6

Die laaste hoofstuk in die Ou Testament belowe dat die Een sal kom wat versoen!
Hy sal ook kom om almal te oordeel na gelang van die wet van Moses.
Maar daar is genesing in die vlerke van hierdie “Son van Geregtigheid”!
Dus kry ons weer n belofte van ewige lewe!

Die Ou Testament sluit met die woord, vloek, af.

Here dankie vir U versoening wat U bring tussen mense en mens en tussen mens en God!
U is die Son van geregtigheid!