7 April 2026

Markus 11:1-33

Die Laaste week voor Jesus se kruisiging begin met die intog in Jerusalem op die donkie vul.
Nie op n oorlogsperd nie maar op n donkie om Sy vrede-intensies duidelik uit te spel.
Jesus gaan kyk die na-middag na die Tempel en toe gaan slaap Hy weer in Betanië.
Die volgende dag reinig Hy die Tempel van geldwisselaars.
Die leiers van die priesters was toe woedend kwaad vir Jesus.

Hy spreek n vyeboom aan en dit gaan dood, maar die geestelike leiers bevraagteken steeds Sy gesag.

Here dankie dat U die Tempel gereinig het en gewys het daardeur dat alle volke welkom is want die gedeelte vir vreemdelinge was gebruik vir geldmaak en nie vir evangelisasie nie.
Help ons im vir vreemdes U goeie boodskap te verkondig.
U is die Mag en Gesag oor Alles!