15 Maart 2026

1 Konings 14:1-20

Agija het vantevore oor Jerobeam geprofeteer dat hy sou koning word.
Toe Jerobeam se seun egter siek word stuur hy sy koningin om weer die profeet te gaan raadpleeg.
Maar al kon die profeet nie meer sien nie het die Here baie duidelik met hom gepraat.
Hy het dadelik geweet dit is die koning se vrou en het toe Jerobeam se oordeel oor die bose koning uit gespreek.
Sy seun sou sterf en sy koningskap sal tot n einde kom met niemand om hom op te volg nie.

Here ons wil bid vir ons leiers.
As hulle persoonlike foute maak is dit een ding maar om ander mense te verlei is boos.
U is die Een wat waghou oor die Waarheid.