25 Feb 2026

1 Konings 9:1-28

Die Here verskyn weer aan Salomo en moedig hom aan om die Here te bly dien soos wat sy pa Dawid dit gedoen het.
Hy waarsku egter weer vir Salomo dat daar rampe oor Israel sal kom as hulle nie die Here bly dien nie maar afgode begin aanbid.
Netsoos wat die Here gewaarsku het, het in Israel egter gebeur.

Ten spyte van Hiram se hulp om al Salomo se pragtige paleise, tuine, stede en die Tempel te voltooi, was die bouer en kunstenaar uit Tirus nie tevrede met sy beloning nie.

Here help ons om met mense goed saam te werk, want maak nie saak wat ons bou nie verhoudings bly belangriker.
Mense voor goed!
U is Die Verhouding Bouer!