1 April 2026

Markus 10:17-34

Jesus kondig die derde keer Sy kruisdood aan. Terselfdertyd, oppad na Jerusalem vra iemand vir Jesus wat hy moet doen om die ewige lewe te beërwe. Jesus ken ons harte, Hy weet wanneer iets anders Sy plek in ons harte opgeneem het. Selfs al lewe ons baie voorbeeldig, kan iets soos geld en besittings daardie plek opneem. Ons goeie werke is soos vuil lappe. Net Hy kan die ewige lewe gee.

Here, deursoek my hart. Laat die lig van U Woord skyn op die areas in my lewe wat nog nie oorgegee is aan U nie.

U is ons Ewige Lewe.