30 Maart 2026

1 Konings 16:29-34

Koning Agab het nog meer verkeer gedoen in die oë van die Here as enige van sy voorgangers. Hy het voortgegaan met die sonde van Jerobeam. Hy het sover gegaan om Isebel, dogter van Etbaäl, as vrou te vat. Hy het Baäl gaan dien, 'n tempel vir hom gebou en in aanbidding voor hom gebuig. Sonde vernietig en verwoes mense.

Here, ons kies om U te dien. In hierdie tyd waarin ons vas en bid, bid ons vir elkeen in ons gemeenskap wat U nog nie ken nie. Gebruik my, Here om lig en lewende water vir hulle te bring deur te vertel van die verlossing van die magte van die vyand. Mag U verheerlik word deur ons lewens in hierdie tyd.

U alleen is God.