7 Jan 2026

Johannes 19:38-42

Josef van Arimitea 'n geheime dissipel van Jesus en Nikodemus wat op die Sanhedrin gedien het is die twee wat Jesus haastig in Sy graf neerlê voor die Shabbat van Peshag (Paasfees) begin.
Dit was Josef se eie graf, wat hy offer vir die Here.
Nou is die geloof en lojaliteit aan Jesus van die 2 ouer gesiene leiers nie meer 'n geheim nie.
Pilatus word genader deur Josef en die Joodse leiers het sekerlik ook tot hul skok kennis geneem van Nikodemus se finansiële bydrae om begrafnis kruie te koop.
Die 2 ou manne doen die vroue se werk om die liggaam voor te berei hulle het egter heeltemal te veel speserye en moet haastig die taak doen.
Daarom was daar vrouens wat hulle dopgehou het en besluit het om die liggaam na die Shabbat op die Sondag reg te kom begrawe.

Here dankie dat die twee ouer manne uit Liefde vir U hulle vrees oorkom het en U begrawe het soos die profesie gesê het in 'n ryk man se graf.
U is die Begin en die Einde!
Die Een wat die graf in is en dit oorwin het!