28 Feb 2026

1 Konings 10:1-29

Die Koningin van Skeba het vir Salomo kom kuier uit die suide van Afrika.
Sy was baie beindruk met alles wat sy in Jerusalem gesien het en ook met koning Salomo se wysheid.

Sy en baie ander konings en hoë amptenare het die indrukwekkende Jerusalem besoek met groot hoeveelhede goud en geskenke.

Israel deur Salomo was baie ryk en baie voorspoedig.
Daar was ook n gedugte weermag om Israel te beskerm met die nuutste tegnologie van wapens.

Hierdie was die kruin van die Koningskap van Israel.
Nooit was hulle, en sou hulle soveel weelde en oorvloed beleef het nie.

Here dankie vir goeie tye waar ons ons lewe verder aan kan meet, maar U is met ons in die voorspoedige en in die slegte tye.
U is die Koning van die konings!