18 Maart 2026

1 Konings 14:21-31

Rehabeam die seun van Salomo se heerskapy was besonder boos omdat hy, die seun van n Ammonitiese ma, weer afgode in Jerusalem in gebring het.
Sy konstante oorloë met Jerobeam moes Juda ook verswak het.
So toe Egipte hulle aanval en n losprys vat, het Farao die Tempel wat Salomo gebou het begin plunder van sy skatte.
Die goue skilde is vervang met brons skilde en die glans van Salomo en hoe goed dit met die volk onder Dawid se regering gegaan het, het begin kwyn onder die koning Rehabeam.

Here mag ons U self dien soos Dawid: n Man na U hart!
Mag ons nie net U dien omdat ons oupa van U gepraat het nie!
U is die God wat alles besit.