12 Jan 2026

Sefanja 1:1-18

Sefanja profeteer in die jong Godvresende koning,Josia, se tyd.
Alhoewel daar geestelike herlewing was met Josia was Juda vir so baie jare in afgodery en was Baal en Asjera aanbidding meer algemeen as die wet van die Here en Tempel-gangers.

Nou kondig die Here deur Sefanja soos Jesaja en ander profete die oordeel van Juda en Jerusalem aan.
Twee konings later in 'n kwessie van 7 jaar na Josia het alles gebeur soos hy geprofeteer het.
Nebukadnesar het Jerusalem beleër en Juda weggevoer in 3 verskillende oorloë.
In 'n 12 jaar tydperk.
Dit was 'n moeilike tyd vir Juda.
As jy in Jerusalem gewoon het was dit die einde van die wêreld.

Here snoei en suiwering is deel van U plan maar nie maklik vir die wat daardeur beïnvloed word nie.
Here ons bid vir ons land om Godvresend te leef voor U!
U is ons Koning!

Archive