26 Maart 2026

Markus 9:30-50

Jesus kondig 'n tweede keer Sy dood en opstanding na 3dae aan. Hy leer die dissipels dat as jy in die Koninkryk van God belangrik wil wees, moet jy 'n dienende gesindheid hê, ń hart soos die van 'n kind. Ons sien ook dat ons nie teen ander gelowiges moet wees net omdat hulle nie in ons geledere is nie, maar dat ons dienend ander moet bedien en nie struikelblokke vir jonger gelowiges of ongelowiges wees nie.

Here, deursoek ons harte en skyn U lig op areas waar ons nog nie tenvolle 'sout vir die aarde' is nie. Ons streef daarna om as 'n eenheid in die Kerk van Christus te werk en nie gedurig fout te vind met ander gemeentes wat ook U Naam verkondig nie.

U is Die Belangrikste, die Hoogste en die Koning van alle konings