9 April 2026

Esegiël 7:1-27

Esegiël was van die eerste groep wat in Ballingskap weggevoer is Babilonië toe.
Hy het geprofeteer vanuit Babelonië vir die wat nie weggevoer is nie en genadiglik in Jerusalem agter gebly het.
Maar instede daarvan dat hulle berou getoon het en die Here voluit gedien het, het hierdie oorblywendes in Israel gerebelleer teen Nebukadnesar en boonop nie die Here aleen gedien nie.
Hulle arrogansie en afgodery het n volgende en finale inval en verwoesting tot gevolg gehad en dit is waaroor Esegiël die oorblywende Israeliete waarsku.

Here mag ons leer uit ander se foute en nie so hardkoppig wees om dit te bly herhaal nie.
U is die Regverdige Regter!