18 Jan 2026

Sefanja 3:1-8

Sefanja is een van die profete wat oor die nabye toekoms van Jerusalem profeteer maar ook oor wat aan die einde van tyd gaan gebeur.  
As gevolg van Jerusalem se leiers wat boos was sou die oordeel in 'n relatiewe kort tyd oor die stad kom, maar die nasies wat versamel en teen hulle optrek (v. 8) is 'n eindtyd profesie.

Mag ons in Suid-Afrika kennis neem van die geestelike en leierskap toestand waarin Jerusalem hulle bevind het voor die Here se reinigings oordeel hulle in die vorm van ballingskap getref het.

Here ons kom bid vandag vir ons land, mag Suid-Afrika tot U terugkeer!
Ons kom bid in die besonder vir skole vandag!
Here mag U verheerlik word in elke skool in ons land!
U is die Bewaker van ons Land.