11 Jan 2026

Job36:1-33

Elihu hou aan praat en sê hy praat met Job namens die Here.
Verder sê die jong man dat sy kennis puik en afgerond is.

Hy beskryf die Almag van die Here en hoe die Here weer en weer lig in Sy mag hou soos Hy konings in plek sit en straf.

Wat Elihu steeds nie sien nie is die persoonlike verhouding wat die Here met Job het.
'n Verhouding werk nie op reëls en regulasies nie.

Here dankie dat U volgens magtige beginsels die skepping beheer maar U staan ook in 'n liefdes-verhouding met ons wat U kinders is.
U is Almagtig!

Archive