27 Maart 2026

1 Konings 16:8-28

Die profetiese woord van Jehu kom in vervulling toe Simri koning Ela se dienaar vir koning Ela en die hele koningshuis van Baesa vermoor het en homself as koning aangestel het. Simri het egter slegs 7 dae regeer. Simri het uit vrees vir Omri selfmoord gepleeg deur die paleis aan die brand te steek en self daarin te sterf. Omri het 12jr regeer, maar... 'Omri het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here; hy het meer kwaad aangerig as al sy voorgangers. Sy seun Agab het as koning by hom oorgeneem.' Sonde waarmee nie gedeel word nie, eskaleer in generasies daarna.

Here, U Woord sê dat die loon van sonde is die dood. Jesus se kruisdood het daardie prys vir ons betaal, maar ons moet Hom aanneem en ons persoonlike Verlosser maak. Dankie vir die prys wat U vir ons sonde betaal het, Jesus, sodat ons ewig kan lewe.

U is ons Verlosser