21 Maart 2026

1 Konings 15:1-24

Dawid se verhouding met die Here is as maatstaf vir die opvolgende konings gebruik. Koning Abia het nie in koning Dawid se voetspore gevolg nie, maar uit hom is Asa gebore en koning van Jerusalem geword. Hy het tempelprostitusie verban en afgode verbran... selfs sy ouma se Asjerbeeld. Hy was lewenslank getrou aan die Here. Hy het 'n verdrag met die Arameers gesluit en koning Baesa (koning van Israel) so uit sy land verdryf. Hy het in sy regeringstyd baie dapper dade verrig. Sy seun Josafat het na hom regeer.

Here U ondersteun díe wie se oë gevestig is op U. U bekragtig hulle om hulle roeping te bereik. Ons fokus ook vandag daarop om die riglyne in U Woord ons eie te maak sodat ons aandag onverdeeld op U gerig is.
U is ons kragtige Ondersteuner.