10 Jan 2026

Johannes 20:1-18

Maria Magdalena kry Jesus se graf leeg die Sondag oggend en gaan vertel Sy dissipels daarvan.
Petrus en Johannes hardloop na die graf!
Johannes se mooi opregte vertelling van hierdie groot dag lê soos 'n gewone jong man klem daarop dat hy wat Johannes was vinniger was as Petrus.
Hulle kry die graf leeg en keer terug na Jerusalem met die nuus.
Dit is toe dat Maria die engele in die graf sien en daarna Jesus in die tuin ontmoet.
Sy erken Hom aanvanklik nie maar toe Hy haar naam sê het sy geweet dis haar geliefde Meester by wie sy so baie geleer het.

Here dankie dat U ons by di naam roep en ons U s'n maak!
U is ons Geliefde Rabboeni ook!

Archive