26 Nov 2026

Miga 4:1-14

n Profesie oor Jerusalem!
Dit begin met die einde van Jerusalem as die Here Jesus vanaf die berg-stad gaan regeer vir n duisend jaar in vrede aan die einde van die tyd.
Die nabye toekoms vir die stad was egte ballingskap en pyn en dit is ook wat Miga profeteer.
Maar dan eindig die profeet met wat in Jerusalem gaan gebeur op die hoogtepunt na die ballingskap.
Daar sal vir ons Redding kom!
Daar sal ons Regter op die wang geslaan word met n stok.

Here dankie dat U plan met die Dawid-stad nog nie verby is nie: dit sal die “stad van Vrede” wees- Jerusalem!
U is die Regter van Israel!!