24 Nov 2026

Matteus 9:27-38

Jesus genees 2 blindes, en n demoniese besete man wat nie kon praat nie!
Dit was ongehoord in Israel, daarom het die Fariseers beweer Jesus bevry mense van demone deur die duiwel se krag self.
Jesus se antwoord hierop was: Hy genees toe daar ELKE sieke wat na Hom gebring word as Hy in daardie dorpe gepreek het.
Dit lei toe na n skares wat saamdrom om na Hom te luister en voor gebid te word.

Here dankie dat ons ook in staat is om mense wat blind en stom is vandag te kan help deur hulle van U te leer!
“Toe sê Hy vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid daarom die Here van die oes dat Hy arbeiders uitstuur om sy oes in te samel.””
Matteus 9:37-38 AFR20
Here ek bid dat die Kerk sal besef hulle is die arbeiders van die oes!!
U is ons Leidsman!