23 Nov 2026

Miga 3:1-12

Leiers word op n ander manier ge-oordeel.
Na n verkiesing moet ons hoor wat Miga sê vir politieke leiers wat veronderstel is om beter te weet as om onregmatig te heers en omkoopgeld te vat.

Maar Miga spreek ook die geestelike leiers van sy tyd en van ons sn aan.
As herders goedheid  profeteer as hulle geld kry en oorlog wil maak as hulle niks kry nie wag daar ook n oordeel oor sulke geestelike leiers.
Die “prosperity” evangelie was nooit die Here se plan nie.
Die finansiële en algemene welstand van n gelowige is nie net bloot altyd n realiteit nie.
Nee Jesus het ons ook die voorreg belowe dat ons SAL ly soos Hy gely het.
Dit is die groter realiteit van Christen wees.

Here dankie dat U ons nie red van moeilike omstandighede nie maar U is ons Redder in alle omstandighede!
U is ons Herder.