20 Nov 2026

Miga 2:1-13

Die Here duld nie oregverdige en skelm besigheid nie. Hy beskerm armes en pas die op waarop ander neerkyk.
Wees versigtig hoe jy ander mense behandel dat jy nie moontlik teenoor die Here staan as Hy by die staan wat jy verdruk nie.
Help eerder!
Bly nederig met almal.
En sien eerder goed in mense as sleg.

Here dankie:
““ Die een wat deurbreek, gaan voor hulle uit. Hulle breek deur en gaan deur 'n poort; hulle gaan daardeur uit! Hulle Koning gaan voor hulle uit, die Here is op die voorpunt!””
Miga 2:13 AFR20
U is ons Koning!