19 Nov 2026

Numeri 32:1-42

Moses gee die streek oos van die Jordaan aan die 2 en n half stamme soos hulle versoek het nadat hulle onderneem het om steeds as soldate deur die Jordaan te trek en te veg saam met die res van Israel en Kanaan te oorwin.
Dan sal die soldate van Rueben, Gad en die halwe stam van Manasse terugkeer na hulle huise, stede, gesinne en vee anderkant die Jordaan.
Alhoewel Moses aanvanklik skepties was oor hulle versoek, het hy ingestem toe hy hulle toewyding tot die hele weermag van Israel sien.

Here dankie dat U ons vêr meer gee as wat ons kan bid of dink.
Maar somtyds moet ons vir ander veg om te kry wat reeds ons sn is!
U is Getrou!