18 Nov 2026

Matteus 9:1-13

Jesus genees en vergewe sondes ten spyte van die Fariseers en hulle verontwaardiging van Jesus se vryskeld van sonde.
Die gewone mense prys egter die Here vir die genesende krag van Jesus!
Hy genees ons ook van die terminale siekte van sonde!

Verder eet Hy saam met sondaars en tollenaars want Hy sien nie hulle sonde raak eerste soos die Fariseers nie, Hy sien hulle potensiaal en ware identiteit as kinders van God 1ste.

Here mag ons mense so liefhê en so sien, soos U hulle sien: sonder oordeel oor wat hulle gedoen het maar eerder vir wie hulle is, U kinders.
U is die Geneesheer en Verlosser!