17 Nov 2026

Miga 1:1-16

Lank voor Obadja en Jesaja het Miga vir beide die koninkryke van Israel en Juda geprofeteer oor hulle sonde en dat dit in ballingskap sal uitloop.
Voor die Here se uiteindelike oordeel oor Jerusalem en Samaria was daar talle waarskuwings van profete oor letterlik honderde jare dat hierdie twee groepe hulle moet terug draai na die Here.

Here dankie vir die profete wat wys U waarsku oor en oor en oor sodat ons U genade voor U oordeel kan sien.
U is ons Vader.