16 Nov 2026

Numeri 31:1-54

Die Israeliete veg vir die 1ste keer met hulle nuwe weermag.
1000 manne van elke stam.
12 duisend manne trek toe teen Midian op om hulle te straf oor die misleiding wat hulle aan Israel gedoen het en die daaropvolgende siekte wat uit gebreuk het.
Sonder om een soldaat te verloor wen hulle die Midianiete totaal en al en neem hulle geweldig baie buit terug kamp toe.
Nou gee Moses en Eleaser die Hoëpriester opdragte wat na n oorlog moet gebeur:
Hoe hulle hulself moet skoon maak na so n stryd.
En hoe die buit verdeel moet word en wat aan die Here behoort van dit.

Here dankie vir 1ste oorwinnings waaruit ons reg moet leer.
Jesus U is ons grootste Oorwinning want U is die Oorwinnaar!